genoeg vir 4

  • 4 rooi soetrissies
  • 500 g maer bees- of lamsmaalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 30 ml fyn komyn
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 200 g mozzarellakaas,gerasper
  • 400 g bevrore gemengde groente

olyfolie, sout en varsgemaaldeswartpeperVerhit oond tot 200 °C. Halveer soetrissies en krap pitte en stronk uit. Pak op bakplaat. Meng res van bestanddele engeur goed met sout en peper. Skep maalvleismengsel in soetrissies. Plaas in oond en bak vir 25-30 minute of tot maalvleis gaar is en rissies begin verbruin. Sit warm voor met slaai van jou keuse.