genoeg vir 50 porsies (25 g elk)

125 ml suikervrye

grondboontjiebotter

60 ml water

20 ml fyn kaneel

60 ml heuning

750 ml glutenvrye hawermout

125 ml hawersemels (oat bran)

100 g gebreekte lynsaad

(crushed linseed, flaxseed)

100 g gevlokte amandels

100 g droë bloubessies

Plaas grondboontjiebotter, water, kaneel en heuning in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Kook 1 minuut en roer deurentyd. Verhit oond tot 180 °C. Plaas hawermout, hawersemels, saad, amandels en bloubessies in groot oondbraaipan. Gooi warm grondboontjiemengsel oor hawermoutmengsel. Meng vinnig deur met houtlepel tot hele mengsel bedek is. Plaas in warm oond en oondbraai 15 minute terwyl jy elke minuut deurroer. Laat granola afkoel en sit voor met ongegeurde suikervrye jogurt.