Mini-muffins van pampoen, appelkoos en rosyntjies

FOTO Willem Lourens

Versteekte groente en natuurlike suikers maak hierdie muffins nie net gesond nie, maar gee dit ook ’n baie lekker sagte tekstuur. Boonop is dit volgraan! 

Klik hier vir die resep.

Piesang-en-patat-plaatkoekies

FOTO Willem Lourens

Piesang en patat sorg vir natuurlike soetigheid, sodat suiker onnodig is in hierdie plaatkoekies.

Klik hier vir die resep.

Hoenderfrikkadelle

FOTO Willem Lourens

Vir variasie kan jy hierdie frikkadelle geur met vars kruie en selfs ook fyngerasperde wortel en murgpampoentjies byvoeg vir ekstra voedingswaarde.

Klik hier vir die resep.

Mangowater

FOTO Willem Lourens

Hierdie “koeldrank” is basies net gegeurde water. Dit is ’n lekker manier om jou kind aan te moedig om meer vloeistof in te neem.

Klik hier vir die resep.

Appeltjips

FOTO Willem Lourens

’n Heerlike kosblikbederfie – bros en lekker soet.

Klik hier vir die resep.

Energieballetjies

FOTO Willem Lourens

Gee jou woelwater ekstra woema met dié njammie peuselhappie.

Klik hier vir die resep.

Mini-kaasburgers met groente-tjips

FOTO Micky Hoyle

Bederf-happie vir die kosblik.

Klik hier vir die resep.

Ham-kaas-en-eier-muffins

FOTO Micky Hoyle

Glutenvrye hoë-proteïen-muffins – min moeite en perfek vir die kosblik.

Klik hier vir die resep.

Lemoenhoender-en-avokado-pastaslaai

FOTO SARIE Argief

Lekker, vinnig en vullend, en so maklik om te maak.

Klik hier vir die resep deur Melissa Pecoraro.

Koue avokado-en-pastaslaai

FOTO Donna Lewis

Hierdie gereg skree somer en jy kan dit voorsit as ’n alles-in-een-ete.

Klik hier vir die resep deur Herman Lensing.