• 2 suurlemoene, sap en skil
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 'n hand vol pietersielie
  • 10 ml olyfolie
  • 400 g garnale, skoongemaak
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng suurlemoensap en skil, knoffel en pietersielie. Verhit olyfolie in ’n braaipan tot baie warm. Voeg garnale by en braai tot pienk en goudbruin. Voeg gremolata by en soteer vir
nog 2 – 3 minute. Geur met sout en swartpeper.