• 8 groot aartappels, geskil
  • 500 ml olyfolie
  • sout na smaak
  • hand vol gebreekte vars salie
  • 4 takkies vars origanum
  • 2 groot takke vars roosmaryn
  • hand vol vars tiemie
  • 4 vars lourierblare (jy kan gedroogde blare ook gebruik)
  • 8 heel peperkorrels
  • water - genoeg om die aartappels halfpad te bedek

Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas al die aartappels in ’n groot oondbak. Gooi genoeg water in die oondskottel sodat die helfte van die aartappels uitsteek. Gooi die res van die bestanddele - behalwe die olyfolie - in die oondbak. Geur die aartappels met sout. Giet die olyfolie oor. Jy mag miskien meer gebruik as die 500 ml, want die aartappels moet netnet bedek wees. Plaas in die warm oond en vergeet daarvan vir 4 uur.  In die 4 uur sal die water wegkook en die olyfolie sal die aartappels begin bedek - dis wanneer die aartappels bros en goudbruin begin braai. Sit warm voor.