6 porsies

  • 2 Engelse komkommers, geskil
  • 4 tamaties, in skywe gesny
  • 300 g fetakaas  calamata-olywe (besluit self hoeveel jy wil gebruik)
  • 1 rooi-ui, in skywe gesny
  • 50 ml olyfolie
  • 25ml balsem-asyn
  • 10 ml gedroogde origanum
  • vars gemaalde swartpeper

Sny die komkommers in skywe. Plaas dit op ’n bord en rangskik die tamaties bo-op. Halveer die feta-sirkels en plaas bo-op. Strooi die olywe en rooi-ui oor. Klits die olyfolie en asyn saam. Sprinkel origanum oor en geur met swartpeper. Gooi die sous oor en sit voor.