(6 porsies)

  • 350 g groenbone
  • 80 ml botter, gesmelt
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 30 g parmesaankaas, gerasper
  • 150 g broodkrummels
  • 400 g aspersies
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Bring 'n pot met water tot kookpunt en plaas groenbone vir 1 minuut daarin. Dreineer. Meng botter, knoffel, parmesaan en broodkrummels. Sit groenbone en aspersies in 'n oondvaste opdienbak en sprinkel broodkrummelmengsel oor.Geur goed met sout en peper. Bak vir 25 minute of tot bruin.