• 180 g dun groenbone
  • 250 g wit sampioene, in kwarte gesny
  • 1 blik artisjokke, in kwarte gesny
  • 2 avokado’s, in skywe gesny
  • 200 g kersietamaties, op die rank (of gewone kersietamaties)

Sny die ente van die bone af. Sny die bone in stukke van so 3 cm. Plaas hulle in ’n groot mengbak en gooi kookwater oor. Laat vir so 5 minute in die water staan. Dreineer en laat afkoel. Meng al die bestanddele versigtig in ’n slaaibak en garneer met die kersietamaties op die rank. Net voor jy die slaai voorsit, kan jy die slaaisous oorgooi - of gee dit apart.

Slaaisous

  • 100 ml olyfolie
  • 25 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 10 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng alles goed saam.