(sowat 300ml)

  • 30ml botter
  • ½ ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 30ml brandewyn
  • 30ml groenpeperkorrels
  • 250ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit 'n mediumgroot kastrol en smelt die botter. Voeg ui en knoffel by. Braai vir 5 minute of tot goudbruin. Gooi brandewyn en peperkorrels by. Laat helfte van die vloeistof wegkook. Voeg room by en verlaag die hitte totdat dit prut. Laat prut vir 8 -10 minute totdat inhoud met die helfte verminder het. Geur goed met sout en peper.