• 1 groot pak gemengde slaaiblare (bronkors, baba-spinasie en roket)
  • 100 g okkerneute
  • 1 rooi-ui, in dun skyfies gesny
  • 100 g ontpitte groen olywe, gehalveer

Slaaisous

  • 60 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Plaas die slaaiblare in ’n groot slaaibak en sprinkel die okkerneute, ui en olywe oor. Vir die slaaisous, meng die olyfolie, suurlemoensap en knoffel goed. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.

Bokmelk-crostini

  • halwe Franse brood in skywe van 0,5 cm dik gesny
  • olyfolie
  • 200 g sagte bokmelkkaas in skywe gesny

Plaas die broodskywe op ’n bakplaat en rooster dit aan weerskante onder die roosterelement in die oond. Plaas een skyf bokmelkkaas bo-op elke sny brood. Sprinkel ’n bietjie olyfolie oor. Plaas die bakplaat weer onder die element en rooster vir 3 minute. Plaas die crostini bo-op die slaai en gooi die slaaisous oor.


Wenk

Omdat die bokmelkkaas sag is, kan dit moeilik wees om perfekte sirkels te sny. Gebruik vislyn om die kaas te sny.