genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 duimnael-grootte stuk gemmer, fyngerasper
  • 6 kardemompeule, oopgebreek
  • 1 kaneelstok
  • 30 ml fyn koljander
  • 30 ml vinkelsaad
  • 30 ml masala
  • 750 ml kasjoeneutmelk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g kasjoeneute
  • 250 g dun groenbone
  • 125 g suikerertjies (sugar snaps)
  • 300 g broccoli-stukke

Verhit olie tot warm in groot pot. Voeg ui, knoffel en gemmer by. Roerbraai 2-3 minute of tot begin verbruin. Voeg al die speserye by en braai nog 1 minuut (gooi bietjie water by as dit lyk of die speserye wil brand). Voeg melk by en roer deur. Geur goed met sout en peper en verlaag hitte. Laat kook tot mengsel met helfte verminder het. Voeg kasjoeneute by en kook nog 1 minuut. Bring pot met water tot kookpunt en dompel groente in kookwater vir 1 minuut. Dreineer en plaas op opdienbord. Gooi warm kerriesous oor en sit voor.