(4 porsies – vir mans)

  • 40 ml olyfolie
  • 2 uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g winkelbrooddeeg
  • 450 g mozzarella-kaas
  • 4 groot rosa-tamaties
  • 250 g strepiespek
  • 3 vars tiemietakkies se blaartjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ekstra olyfolie vir sprinkel

Verhit oond tot 220 °C. Spuit pan van 35 cm in deursnee met kleefwerende kossproei. Verhit olyfolie in ander pan. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag en bruin. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak. Plaas in voorbereide pan en laat rys op warm plek tot dubbel die grootte. Skep uiemengsel boop. Sny kaas in skywe en pak op uie. Sny tamaties in skywe en halveer die strepiespek. Pak tamaties en spek op kaas en uie en geur met tiemie, sout en peper. Sprinkel klein bietjie olyfolie oor en plaas in oond. Bak sowat ’n halfuur tot pizza gaar is. Sit warm voor.

Wenk

Jy kan winkelbrooddeeg by die meeste supermarkte koop. Vra by die bakkery-afdeling. Hou die gerysde deeg in ’n plastieksak in jou yskas tot jy dit benodig.

Om te weet

Gebruik ’n pan wat jy in die oond kan sit. Jy maak nou sommer een groot pizza waaraan almal kan eet. En dis ewe lekker vir ontbyt.