Sny ’n kruisie net-net deur die skil aan die onderkant van die tamaties. Plaas die tamaties in ’n bak en gooi kookwater oor. Laat staan vir so 3 minute. Haal versigtig uit die kookwater en plaas in koue water vir 1 minuut. Nou kan jy maklik die skil aftrek.