(6 porsies)

  • 6 hardgekookte eiers
  • 300 g gemaalde varkvleis
  • 30 ml mielieblom
  • 30 ml sojasous
  • 30 ml brandewyn
  • 3 gekapte spriet-uie
  • sout (5 ml) en vars gemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele saam, behalwe die hardgekookte eiers. Bedek elke eier met maalvleis-mengsel. Plaas eers in die yskas vir so ’n halfuur. Braai in ’n bietjie olie oor ’n stadige hitte; dit neem so 10-15 minute. Hou net die hitte laag, anders kan dit aanbrand. Sny versigtig deur en sit voor met ’n lekker slaai van jou keuse.

Om te drink
'n Geurige sauvignon blanc: Neil Ellis en Thelema. Vrugtige rooi wyn pas by varkvleis. Springfield Whole Berry is 'n unieke cabernet sauvignon.