Met gaar hoender kan jy enige tyd maklik ’n ete op die tafel sit.

Genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g pampoen, in blokkies gesny
  • 30 ml gerookte paprika
  • 45 ml harissapasta
  • 450 ml hoenderaftreksel
  • 5 ml fyn kaneel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 gaar hoender, ontbeen en opgesny

Verhit olyfolie in ’n middelslagpot. Voeg knoffel en pampoenblokkies by en braai vir 5-8 minute. Voeg paprika, harissapasta en hoenderaftreksel by, verlaag hitte en laat stadig kook vir 10-15 minute of tot die pampoen sag en pap is. Voeg kaneel by, giet in voedselverwerker en verwerk tot ’n gladde mengsel. Voeg hoender by, meng deur en geur goed met sout en peper. Sit warm voor met vars brood.

* Resepte uit 30 deur Herman Lensing (Human & Rousseau), R325, landwyd te koop