Benodig

1 pakkie bacon

1 koppie gerasperde kaas

1-2 tamaties in klein blokkies gesny

1 groot ui fyn gesny

2 el vars basil blare

peppers (enige een van groen, geel of rooi) in klein blokkies opgekap

2 snye brood opgebreek in klein stukkies

6 eiers

2 el tamatie sous

sout en peper na smaak

olyfolie on in te braai

So maak mens

Kap die bacon, peppers, ui en tamatie en braai in pan. Voeg die fyngekapte basil blare en tamatiesous by, meng alles tot dit 'n lekker sousie maak. Voeg nou die stukkies brood ook by en meng. Laastens word die eiers en gedeelte van die kaas bygevoeg en alles word saam gemeng. Skep nou lepels vol in muffin pannetjie, sit bietjie kaas bo op en bak vir 10-12 min in oond by 180 grade

Sien ander resepte