Nostalgie op sy beste!

(16 - 20 blokkies)

  • 125 g botter
  • 210 g (160 g en 50 g) (190 ml en 60 ml) strooisuiker
  • 3 eiers, geskei
  • 300 g (535 ml) bruismeel
  • 30 ml yswater
  • 200 g appelkooskonfyt
  • 160 g klapper

Verhit oond tot 180 °C.Room botter en 160 g strooisuiker met ’n elektriese menger tot lig en romerig.Voeg eiergele by en meng goed. Voeg meel en yswater by. Meng tot 'n sagte koekiedeeg vorm. Druk deeg in 'n pan van 30 x 20 cm wat met kleefwerende sproei gespuit is. Smeer appelkooskonfyt oor.Klits eierwitte tot sagte punte vorm en voeg res van strooisuiker bietjies-bietjies by. Hou aan klits tot stywe punte vorm. Vou klapper in en smeer mengsel oor konfyt. Bak vir 15 - 20 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en sny in 3 cm-blokkies.