(6 porsies)

  • 3 appels, gehalveer
  • 70 ml brandewyn
  • 1 ml fyn kaneel
  • 1 ml fyn gemmer
  • 170 ml heuning
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 6 vars salieblare
  • 15 ml olyfolie
  • 6 ontbeende eendborsies, vel net deurgesny
  • 100 ml hoenderaftreksel
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die oond tot 180 °C. Meng die gehalveerde appels, brandewyn, knoffel, kaneel, gemmer en heuning saam in ’n bak. Sny so 4 kepe in die eendborsies se vel. Dit moet net deur die vel gesny wees, nie diep in die vleis self nie.
Verhit die olyfolie in ’n pan wat jy in die oond kan sit. Plaas die eendborsies velkant onder in die pan en braai vir so 5 minute voor jy dit omdraai. Braai vir nog so 5 minute. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Voeg die appelmengsel en hoenderaftreksel by. Laat dit vir sowat 5 minute kook en voeg die vars salieblare by. Plaas in die warm oond en rooster verder vir 25 - 30 minute tot die sous effens afgekook het. Sit voor saam met kapokaartappels. Dis veral lekker om die sous oor die aartappels te skep.