Fillodeeg is papierdun. Daar is twee rolle in ’n (gewoonlik bevrore) pak, met so agt velle per rol. Rol hulle versigtig oop na jy dit ontdooi het. Bedek die deeg met ’n skoon, klam afdroogdoek en smelt jou botter.

Plaas een vel fillodeeg op jou werksoppervlak en verf gesmelte botter daaroor met ’n kwassie. Plaas nou ’n tweede vel bo-op. Herhaal tot jy genoeg velle deeg opmekaar het - kyk in jou resep, maar dis gewoonlik so vier.