Bowties

  1. Plaas een won ton-deegvel op jou werkoppervlak. Skep die vulsel op die een helfte van die deegvel. Smeer water regom die deegrand.
  2. Vou die deeg om en druk goed vas
  3. Verf ’n klein bietjie water in die middel, waar jy die deeg gaan draai. Draai die deeg sodat dit soos ’n strikdas lyk. 

Won ton-pakkies

  1. Plaas een won ton-deegvel op jou werkoppervlak. Skep van die vulsel in die middel.
  2. Smeer water oor die deegvel reg rondom die vulsel. Bring die rande bymekaar totdat dit soos ’n sakkie lyk.