2 porsies

  • 15 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 2 ontbeende hoenderborsies, in repies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 15 ml olyfolie
  • 2 tortillas
  • 60 ml hoemoes (jy kan dit by supermarkte koop)
  • hand vol baba-spinasieblare
  • sowat 6 grasuie

Gooi suurlemoensap en knoffel oor hoender. Geur met sout en swartpeper. Laat staan vir 10 minute. Verhit olyfolie in ’n pan. Braai hoender tot gaar en bruin. Volg aanwysings op tortilla-pak; tortillas word gewoonlik eers in die mikrogolfoond warm gemaak sodat hulle makliker van mekaar los kom. Smeer elke tortilla met hoemoes. Plaas spinasieblare bo-op en dan hoender en grasuie. Vou onderste deel van tortilla op en rol dan toe.

Jy kan die tortilla met bakpapier toedraai sodat dit nie uitmekaar val nie.

Om te drink
Ongehoute chardonnay. Probeer Constantia Uitsig s’n.