Genoeg vir 4

  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 650 g hoenderborsies sonder vel
  • 1 komkommer
  • 100 g gevlokte amandels
  • hand vol vars koljander, fyngekap
  • 1x125 g-bakkie basiliekruid-pesto
  • sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

SOUS

  • 100 ml tahini-pasta (of hoemoes)
  • 25 ml olyfolie
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 2 avokado’s, geskil en ontpit
  • hand vol gevlokte amandels

Bring aftreksel tot kookpunt en posjeer borsies 10-15 minute. Lig uit aftreksel en vlok fyn. Sny lang, dun repe komkommer met groenteskiller. Bedek groot kapplank met kleefplastiek en pak komkommerrepe langs mekaar bo-op – die repe moet mekaar met sowat5mm oorvleuel om ’n groot mat van komkommer te vorm. Hou eenkant. Meng hoender, amandels, koljander, pesto, en suurlemoensap en -skil in ’n bak. Geur goed met sout en peper. Skep hoendermengsel in ’n lang wors op een punt van komkommermat–die repe komkommer moet vertikaal voor jou lê. Gebruik kleefplastiek as hulpmiddel en rol die komkommermat met vulsel stewig op soos ’n sigaar. Slaaisous Meng tahini, olie, sap en -skil. Plaas komkommerrol op opdienbord. Skep sous oor rol, sprinkel amandels oor en sit voor met skyfies avokado