4 porsies

  • 1 heel hoender
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g botter
  • 50 ml olyfolie
  • hand vol vars salie
  • skil van 2 suurlemoene
  • 13 knoffelhuisies, heel met skil
  • 500 ml melk
  • 2 rooi uie, in kwarte gesny

Laat die botter saam met die olyfolie in ’n groot oondkastrol smelt. Geur die hoender met die sout en swartpeper. Braai die hoender in die kastrol tot die vel bruin is. Haal die hoender uit en gooi die botterolie af. Jy sal moet, want die botter raak donker en dit sal nie ’n aangename smaak hê nie. Sit die hoender terug in die kastrol en voeg die res van die bestanddele by, behalwe die rooi uie. Sit die kastrol in ’n warm oond (180 °C) vir 1 uur. Jy sal sien die melk het geskif. Sit nou die uie ook in die kastrol en dan terug in die oond vir nog sowat 30-35 minute tot die hoender gaar is.

Om te drink
Chardonnay! En een wat liggies gehout is. Probeer Stellenbosch Hills se heerlike vrug-en-botter Chardonnay. Van heuwels gepraat ... Durbanville Hills se chardonnay sal ook hierdie geure tot nuwe hoogtes voer.