6 porsies

• 1 x gaar hoender, van been gevlok

• 80 ml mayonnaise van goeie gehalte

• 1 hand vol vars koljander, gekap

• sap en skil van 1 suurlemoen

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 2 baguettes, elk in 3 porsies gesny en gehalveer

• 60 ml sagte botter

• 100 g slaaiblare van jou keuse

Meng hoender, mayonnaise, koljander, sap en skil van suurlemoen. Geur goed met sout en swartpeper. Smeer baguette-helftes met botter en verdeel slaaiblare tussen 6 broodjies. Verdeel hoender-mayo-mengsel tussen die broodjies. Geur goed met sout en swartpeper. Sit ander broodhelftes bo-op en sit voor of pak in.

Wenk

Jy kan die volledige basisresep gebruik. Die sagte baba-aartappels en sampioene saam met die hoendermayo sorg vir ’n alles-in-een-ete.