(4 porsies)

  • 8 tortillas
  • 8 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 huisies knoffel, fyngedruk
  • 2 rooi brandrissies, in skyfi es gesny
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g mozzarellakaas, gerasper
  • 200 g cheddarkaas, gerasper
  • 4 handevol vars koljander, grofgekap
  • Griekse jogurt om daarmee saam voor te sit

Jy gebruik 2 tortillas per persoon. Sny die hoenderborsies in skywe. Braai die hoender in die olyfolie in ’n pan saam met die  suurlemoensap, knoffel en brandrissies. Geur met sout en peper. Meng die mozzarella en cheddarkaas. Plaas so 2 handevol kaas op een tortilla, ’n handvol koljander en dan die hoender. Sit nog ’n tortilla bo-op en druk dit ’n bietjie vas. Maak ’n pannetjie warm - geen olie - en sit die tortilla in die pan. Druk sommer met jou hand die tortilla af en draai dit om wanneer dit bruin en brosserig is. Nou kan jy die kant met ’n eierspaan afdruk. (Dit was sowat 3 minute aan ’n kant in die pan. Die kaas moet lekker gesmelt wees in die middel.) Haal uit en sny in 4.

Sit voor met
Guacamole en salsa is ’n moet saam met quesadillas - jy kan dit klaargemaak in supermarkte koop.