• 6 hoenderborsies, ontbeen
  • 6 snye witbrood
  • 30 ml / 2 teelepels kerriepoeier
  • 30 ml / 2 teelepels borrie
  • 15 ml / 1 eetlepel sesamsaad
  • 10 ml sout
  • 5 ml witpeper
  • 2 geklitste eiers
  • sonneblomolie om te braai
  • vars koljanderblare

Maak die brood fyn tot krummels in ’n voedselverwerker. Voeg die kerriepoeier, borrie en sesamsaad by. Meng goed. Geur met sout en peper. Sny die hoenderborsies in dun skywe. Doop eers in eier, dan in die kerriekrummels. Braai in die olie tot gaar. Laat dreineer op kombuispaper om van die oortollige olie ontslae te raak. Sit dit voor saam met vars koljander en brandrissie-salsa. Heerlik!