20 minute - 6 porsies

  • 6 ontbeende hoenderborsies
  • sap van 1 suurlemoen
  • sowat 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 chorizo-worse in skywe gesny
  • 6 groot tamaties, in blokke gesny
  • 2 blikke lensies, gedreineer
  • 150 ml witwyn
  • 2 hande vol vars jong spinasieblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • gekapte pietersielie, vir garnering

Marineer die hoenderborsies vir 5 minute in die suurlemoensap. Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die chorizo-wors by en braai vir 5 minute. Gooi die tamaties, lensies en wyn by. Geur met sout en swartpeper. Laat kook vir 10 minute. Braai intussen die hoenderborsies in ’n pan - dit sal ook 10 minute neem. Wanneer alles reg is, gooi die hoender en spinasieblare by en roer goed deur. Geur en garneer met pietersielie.