• 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml geroosterde masala
  • 30 ml komynsaad
  • 20 ml fyn koljander
  • 20 ml vinkelsaad
  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • 1 x 400 g-blik tamatiepuree
  • 24 ontbeende hoenderdye
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 410 g-blik botterbone,
  • gedreineer
  • hand vol vars koljander,
  • fyngekap
  • 100 g (110 ml) botter

Verhit oond tot 220 °C. Verhit olie in ’n oondvaste swaarboomkastrol tot warm. Voeg ui en knoffel by en roerbraai 2 minute. Voeg speserye by, verlaag hitte en roerbraai 5 minute – gooi bietjie water by as dit lyk of die speserye gaan brand. Voeg klappermelk en tamatiepuree by. Verhit weer tot kookpunt en plaas hoender in die sous. Geur goed met sout en peper. Bak 35-40 minute onbedek of tot gaar. Voeg botterbone en vars koljander by en roer deur. Plaas botter bo-op kerrie en laat smelt, maar moet dit nie inmeng nie. Sit voor met rys en ongegeurde jogurt.