GENOEG VIR 8

• 8 takkies vars tiemie, fyngekap

• 1 brandrissie, fyngekap

• hand vol (30 g) Italiaanse pietersielie

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 500 ml laevet-jogurt

• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

• 25 ml vinkelsaad

• 16 ontbeende hoenderdye sonder vel (sowat 1 kg)

• 4 hout-kebabstokkies

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 200 g vars aspersies

• 45 ml kanola-olie

• groenslaai vir voorsit

Maak marinade van tiemie, brandrissie, pietersielie, knoffel, jogurt, en sap en skil van suurlemoene. Rooster vinkelsade in warm pan tot geurig, sowat 30 sekondes. Gooi by jogurtmengsel en meng deur. Ryg hoender op houtstokkies. Plaas in plat bak en geur met sout en swartpeper. Gooi marinade oor. Dompel aspersies vir 2 minute in kookwater en dreineer. Verhit riffelpan tot vuurwarm. Plaas kebabs in pan en braai sowat 5 – 6 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Verhit olie in braaipan en roerbraai aspersies 1 – 2 minute. Sit hoender voor met slaai en aspersies.