6 porsies

  1. 500 g hoenderlewers
  2. 8 eetlepels botter
  3. 2 huisies knoffel, fyngedruk
  4. 1 ui, fyngekap
  5. 125 ml room
  6. sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Smelt 2 eetlepels van die botter in ’n pan.
  • Braai die hoenderlewers, ui en knoffel vir 10 minute saam oor lae hitte. Die lewers moet nog bietjie pienk wees.
  • Puree die mengsel glad in jou voedselverwerker of versapper. Voeg die room by en meng goed. Geur met sout en swartpeper.
  • Smelt die res van die botter. Verdeel die mengsel in 6 ramekin-bakkies of 1 groot bak. Gooi die gesmelte botter oor die patee.
  • Plaas in die yskas vir minstens 1½ uur.
  • Sit voor saam met roosterbrood of beskuitjies.