(6 porsies)

  • 6 klein hoendertjies
  • 6 takke vars roosmaryn
  • 150 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sap van 2 suurlemoene
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Druk ’n vars tak roosmaryn in elke hoendertjie. Meng die olyfolie, knoffel en suurlemoensap. Plaas die hoenders in ’n groot oondbak en gooi die olyfolie-mengsel oor. Laat die hoenders vir minstens 2 uur in die yskas marineer. Verhit die oond tot 180 °C. Maak die oondbak toe met tinfoelie en plaas vir sowat 30 minute in die oond. Wanneer jou kole reg is, haal die hoendertjies uit die oond en plaas dit op die rooster. Smeer so elke nou en dan die olyfolie-mengsel oor die hoendertjies met ’n kwas. Draai elke nou en dan die hoenders om om seker te maak dit word aan weerskante ewe gaar.


Wenk
Sit die hoender vooraf in die oond vir sowat 30 minute om te voorkom dat dit nog rou op die been is wanneer jy braai.


Goeie plan
Gooi kookwater oor jou roosmaryn takke en laat staan vir sowat 30 minute. Dit sal ’n bietjie help dat die takke nie aan die brand slaan op die kole nie.


Sit voor saam met

Gebraaide brood met eiervrug en soetrissies


Om te drink

Fairview Viognier of Perdeberg Chenin Blanc