• 4 eiers

• 250 ml melk

• 140 g (250 ml) koekmeel

• 80 g (100 ml) strooisuiker

• 5 ml vanieljegeursel

• 30 g (60 ml) botter

• versiersuiker vir oorsif

• roomys vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Klits eiers, melk, koekmeel, strooisuiker en vanieljegeursel saam tot gladde beslag. Plaas gietysterpan met deursnee van 25 cm in oond vir 10 minute. Haal uit oond en plaas op oop vlam met 'n derde van die botter. Sodra botter gesmelt is, gooi 'n derde van beslag in pan. Plaas dadelik terug in die oond en bak vir 25-30 minute of tot uitgepof en goudbruin. Sif versiersuiker oor en sit voor met roomys. Geniet en herhaal nog twee keer met res van beslag, behalwe as jy meer as een pan het.