4 porsies

  • 6 hot cross buns, gehalveer
  • 80 ml botter
  • 80 ml konfyt
  • 100 g witsjokolade, grofgekap
  • 135 g frambose, vars of bevrore
  • 200 ml room
  • 2 eiers
  • 80 ml bruinsuiker
  • 250 ml dik room, om voor te sit

Verhit jou oond tot 180 °C. Smeer botter en konfyt op elke hot cross bun-helfte en sit weer op mekaar om konfyt-toebroodjies te maak. Halveer elkeen. Plaas broodjies in ’n 20 x 20 cm-pan. Gooi gekapte sjokolade en frambose oor. Meng room en eiers en gooi oor. Strooi bruinsuiker oor en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gestol. Sit warm voor met dik room.

Wenk
Jy kan individuele poedings maak deur die resep te verdeel tussen 4 oondvaste bakkies van jou keuse.

Maak jou eie paasbolletjies - Herman wys jou stap-vir-stap hoe

Maak jou eie hot cross buns