4 – 6 porsies

  • 2 eiers
  • 30 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 hot cross buns, gehalveer
  • 30 ml olyfolie
  • 250 g spek, brosgebraai in ’n warm pan
  • 60 ml gouestroop

Meng eiers en melk. Geur met sout en swartpeper. Doop elke hot cross bun-helfte in die eiermengsel. Verhit olyfolie tot warm in ’n groot braaipan. Braai tot goudbruin aan albei kante, sowat 2 – 3 minute. Sit warm gebraaide brood met spek en gouestroop voor.

Wenk
Om te verseker dat jou brood en spek op dieselfde tyd gaar is, kan jy jou spekin die oond bak teen 200 °C tot goudbruin en bros.

Maak jou eie paasbolletjies - Herman wys jou stap-vir-stap hoe