Genoeg vir 6

4 knoffelhuisies, fyngekap

2 brandrissies, fyngekap

1x1cm-stuk vars gemmer, gerasper

sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

250 ml jogurt

10 ml fyn kaneel

20 ml fyn komyn

10 ml fyn koljander

20 ml gerookte paprika

sout en varsgemaalde swartpeper

15 ontbeende hoenderdye

olyfolie vir braai

jogurt vir voorsit

6 naanbrode vir voorsit, opgewarm volgens aanwysings op pak

Maak marinade van knoffel, brandrissie, gemmer, suurlemoensap en –skil, jogurt, kaneel, komyn, koljander en paprika. Meng en geur goed met sout en peper. Voeg hoenderstukke by en meng deur. Laat staan 10 minute. Verhit olyfolie vir vlakbraai in groot braaipan. Skep hoenderstukke uit marinade en skud ekstra marinade af. Braai 5-8 minute per kant in warm olie of tot goudbruin en gaar. Sit voor met ekstra jogurt en warm naanbrood.

WEN: Rasper een pynappel lekker fyn en voeg 500 ml ongegeurde jogurt by, plus een fyngekapte brandrissie en ’n hand vol fyngekapte koljander. Meng en sit voor as bykos saam met kerrie. Dit word raita genoem.