(6 porsies)

Verhit oond tot 200 °C. Rol blaardeeg uit. Sny met ’n skerp mes elke vel in die helfte en skep lepels vol van die maalvleismengsel op die een helfte van die deurgesnyde vel. Vou ander helfte bo-oor. Gebruik die plat kant van ’n vurk se tande en druk die deeg netjies vas al om die rand van die pastei om dit te seël. Sit op skoon bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Verf elke pastei met eier. Bak vir 30 – 40 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met slaai van jou keuse.