genoeg vir 30

KOEKSISTERS

280 g (500 ml) koekmeel

gerasperde skil van 2 suurlemoene

45 ml suiker

5 ml sout

3 ml bakpoeier

60 g (65 ml) sagte botter

3 eiers

15 ml soetwyn sonneblomolie vir diepbraai

STROOP

1 x 370 g-bottel heuning

100 g (125 ml) suiker

100 g pistasieneute, baie fyn gekap

Kook eers alles vir die stroop saam behalwe die neute. Plaas stroop in yskas tot yskoud. Maak nou die koeksisters. Plaas meel, suurlemoenskil, suiker, sout en bakpoeier in groot mengbak. Voeg botter by en vryf in met vingerpunte tot sagte, fyn krummels vorm. Klits eiers en soetwyn saam en gooi genoeg by krummels om sagte deeg te vorm, Knie 3-5 minute of tot glad. Maak deeg toe met kleefplastiek en laat rus 20 minute. Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik ’n ronde koekiedrukker van 3 cm in deursnee en sny sirkels uit die deeg. Kry olie medium-warm. Braai deegsirkels ’n paar minute tot rondom goudbruin. Haal uit warm olie en dompel dadelik vir 1 minuut in koue stroop. Haal uit stroop en rol in gekapte neute. Sit voor.