(4 - 6 porsies)

Jy benodig

  • 1 hoeveelheid pizza-deeg (sien verwante artikels)
  • tamatiesous (hoeveelheid 1)
  • sowat 150 g mozzarella-kaas, gerasper
  • sowat 8 - 10 snye salami van jou keuse
  • 10 - 12 vars origanumblare (jy kan ook 5 ml droë origanum gebruik)
  • sowat 30 ml olyfolie
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Wanneer jou pizza-deeg tot dubbel die grootte gerys het, knie dit op ’n meelbestrooide oppervlak af. Rol deeg uit sodat dit in ’n bakplaat van 20 cm x 10 cm sal pas. Plaas deeg in die bakplaat en maak toe met kleefplastiek. Laat staan op ’n warm plek vir sowat 20 - 25 minute sodat dit weer ’n bietjie rys. Verhit jou oond tot 240 ºC. Smeer tamatiesous bo-op die deeg en sprinkel kaas egalig bo-oor. Rangskik salamiskywe bo-op en sprinkel vars of droë origanum oor. Drup olyfolie bo-oor en geur met swartpeper. Plaas pizza in die warm oond vir sowat 20 - 25 minute.