(4 porsies)

  • 1 pak gekoopte blaardeeg
  • 1 geklitste eier om deeg mee te smeer
  • 250 g fetakaas in blokkies
  • 1 rolletjie bokmelkkaas, in skywe gesny
  • 250 g bloukaas in blokkies
  • 100 g kersietamaties
  • 30 ml balsamiese asyn
  • 15 ml olyfolie
  • 4 handevol bronkors
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit jou oond tot 200 °C. Sny die deeg in 4 en smeer met die geklitste eier. Bak die deeg vir 15 minute in die oond. Bak terselfdertyd die klein tamaties, wat met die asyn gemeng is, vir 10 minute in die oond. Haal die deeg uit en sit die tamaties bo-op en dan die kaas. Sit terug in die oond vir sowat 5 tot 10 minute. Meng die bronkors met die olyfolie en sit bo-op die warm tert. Geur met varsgemaalde swartpeper.

Sit voor saam met
’n Groenslaai sal nie te sleg wees nie.