4 - 6 porsies

• 500 g maalvleis

• 2 uie, fyngekap

• 3 knoffelhuisies, gekap

• hand vol vars koljander, fyngekap

• 15 ml komynsade

• 30 fyn koljander

• 1 eier

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 45 ml olyfolie

• 6 broodrolletjies van jou keuse

• 4 tamaties, in skywe gesny

• 100 g slaaiblare van jou keuse

• 2 camembert-kase

• 200 ml tamatieblatjang van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Meng maalvleis, uie, knoffel, koljander, speserye en eier in 'n middelslag-mengbak. Geur goed met sout en peper.Verdeel in 6 ewe groot porsies en rol in balle.Verhit olyfolie tot warm in 'n middelslag-pan. Plaas vleisballe in warm pan en druk plat tot sowat 1 cm dik. Braai stadig tot alkant goudbruin, sowat 5 minute per kant. Plaas in warm oond om verder gaar te word, sowat 5 - 10 minute, terwyl jy die res van die burger maak. Verdeel slaaiblare en tamaties tussen broodrolletjies. Plaas gaar vleis bo-op, gevolg deur skywe camembert. Sit voor met tamatieblatjang.