Kyk hoe’t ek dit berei.

  • 18 tot 20 kammossels, ontdooi
  • olyfolie
  • 3 eetlepels kappertjiesaad
  • so 10 vars salieblare
  • 1 suurlemoen

Die kammossels moet in ’n baie warm pan gebraai word. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot pan tot lekker warm. Sit die kammossels in die pan en braai vir so 2 minute aan die een kant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en draai die kammossels om. Voeg nou die kappertjiesaad en salieblare by en braai vir nog 2 minute. Druk die sap van die suurlemoen oor en sit sommer so in die pan voor. (Die lekker van al dié geregte is dat jy dit sommer so in die panne en potte kan voorsit.)