(2 porsies)

  • 6 kammossels (in die skulp)
  • 15 ml botter
  • 15 ml olyfolie
  • 30 ml kappertjiesade
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

As jy kammossels in die skulp gekoop het, moet jy dit versigtig van die skulp losmaak. Was die skulpe uit en hou dit eenkant om die kammossels daarin voor te sit. Verhit die botter en olyfolie in ’n pan tot taamlik warm. Jy moet die kammossels baie vinnig braai, dus moet die pan lekker warm wees. Braai die kammossels versigtig vir so 1 minuut aan weerskante. Wanneer jy die kammossels omdraai, voeg die kappertjiesade by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en sit dadelik voor.

Barbara sê
Jy moet die kammossels baie versigtig hanteer, die kuit-gedeelte (die oranje deel aan die kant van die mossel) kan maklik afbreek.