genoeg vir 1 groot tert

  • 1 x 400 g-rol bevrorebroskorsdeeg, ontdooi
  • 2 eiers
  • 250 ml suurroom
  • 100 g sagte fudge, fyngekap
  • 150 g (190 ml) suiker
  • 30 ml koekmeel
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 ml sout
  • 6 25 ml (2 – 3) appels, ontkloken fyngekap
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

Krummelkors

  • 110 g (125 ml) suiker
  • 45 g (80 ml) meel
  • 5 ml kaneel
  • 55 g (60 ml) botter, grofgerasper

Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak tot so 3 mm dik. Spuit losboomkoekpan van 30 cm goed met kleefwerende kossproei en voer uit met deeg. Sit in yskas terwyl jy vulselmaak. Plaas eiers, room, fudge, suiker, meel, vanielje, sout en appels in voedselverwerker. Pols tot appels goed gemeng is, maar nie heeltemal fyn nie. Voeg sap en skil van suurlemoen by en meng goed deur. Skep in koue kors en sit weer in yskas. Krummelkors Gooi al die bestanddele vir die kors in ’n middelslagmengbak en meng goed tot dit soosgrowwe sand lyk. Versprei eweredig op vulsel. Bak 30 – 35 minute of tot kors goudbruin en die vulsel gestol is. Laat effens afkoel en haal uit pan. Sit warm voor met suurroom enoondgebakte karamelsous