(8 porsies)

  • 200 g donkersjokolade
  • 60 ml suiker
  • 2 eiers
  • 3 eiergele
  • 200 g strooisuiker
  • 500 ml room
  • 1 x 400 g-blik karamel-kondensmelk

Smelt sjokolade oor pot met kookwater. Verf holtes van 8 silikoon-vorms van jou keuse met die sjokolade. Die volume van die vorms moet 100 ml elk wees. (Kyk by bakwinkels vir die vorms.) Sit in vrieskas om te stol. Herhaal proses 3 keer. Plaas eiers, eiergele en suiker saam in ’n middelslagglasbak
wat stewig op ’n pot pas. Vul pot met kookwater,maar maak seker die water raak nie aan die bak nie.
Plaas op matige hitte terwyl jy met ’n elektriese handklitser klits. Hou aan klits tot dik en skuimerig, sowat 10 minute. Klits room in aparte bak tot sagte punte vorm en vou by eiermengsel in. Klits kondensmelk tot gladde mengsel en vou rofweg by mengsel in – daar moet nog stukke karamel in wees.
Verdeel tussen sjokolade-holtes en vries oornag.Haal uit vorms en sit voor.