(sowat 12 - 16 koekies)

  • 80 g botter
  • 40 ml heuning
  • 40 ml gouestroop
  • 5 ml karamelgeursel
  • 70 g (90 ml) sagte bruinsuiker
  • 240 g (430 ml) bruismeel
  • 12 sagte toffies (sien Kosdinge bl. xxx)

Verhit oond tot 180 °C.Smelt botter, heuning, stroop, vanieljegeursel en suiker saam oor lae hitte.Verwyder van plaat en laat effens afkoel. Gooi in 'n groot mengbak en voeg meel by. Meng goed. Rol in klein balletjies van sowat 25 g elk. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sit koekies op bakplaat met sowat 2 cm tussen elkeen. Druk effens plat met vingers tot sowat 5 mm dik. Plaas 'n toffie op elke koekie en druk stewig vas. Bak vir 12 - 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.