genoeg vir 1 koek

• 195 g (210 ml) botter

• 410 ml water

• 70 g (175 ml) kakaopoeier

• 420 g (750 ml) koekmeel

• 10 ml koeksoda

• 10 ml bakpoeier

• 600 g (710 ml) suiker

• 3 eiers

• 190 ml karringmelk

VERSIERSEL

• 1 x 500 g-blok botter

• 1 x 750 g-sak versiersuiker

• 10 ml vanieljegeursel of saadjies van 1 vanieljepeul

• 60 ml kakaopoeier

• 1 x 365 g-blik karamelkondensmelk

Verhit oond tot 160 °C. Plaas botter en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Voeg kakao by en meng. Sif meel, koeksoda, bakpoeier en suiker saam. Meng eiers en karringmelk. Voeg bottermengsel en karringmelkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Spuit 3 ronde losboompanne van 18 cm met kleefwerende kossproei en voer panne uit met bakpapier. Gooi beslag in panne en bak 40-45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat 10 minute in panne afkoel en keer uit op afkoelrak. Versiersel Plaas botter in bak van elektriese menger en klits by hoë spoed tot romerig. Voeg versiersuiker en vanieljegeursel by en klits tot goed gemeng. Verdeel mengsel in twee en voeg kakao by een helfte. Sny drie koeke met riffelrandmes in twee lae elk. Plaas eerste koeklaag op ’n bord en smeer 1/5 van karamelkondensmelk bo-oor. Plaas nog ’n laag bo-op en smeer weer karamelkondensmelk oor. Herhaal tot al die koeklae op is – eindig met skoon laag bo. Smeer koek toe met ó van sjokoladeversiersel. Skep res van versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit. Skep ook die vanieljeversiersel in spuitsak met 1 cm-tuit. Spuit nou om die beurt klein klontjies versiersel reg rondom en bo-op koek (sien foto). Gebruik teelepel se punt en trek oor versierselklontjies om patroon soos op foto te maak. Sit voor.