(4 - 6 porsies) 50 minute

  • 50 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 wortel, in klein blokkies gesny
  • 1 selderystokkie, in skywe gesny
  • 2 aartappels, in klein blokkies gesny
  • 400 g gerookte varktjops (kassler-tjops), in blokkies gesny van die been af
  • 3 x 400 g geblikte kekerertjies (chickpeas)
  • 800 ml hoender-aftreksel
  • 1 lourierblaar
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die wortel, seldery en aartappels by en braai vir nog 5 minute. Voeg die varkvleis by en braai vir nog 10 minute. Voeg die kekerertjies, aftreksel en lourierblaar by. Geur met sout en swartpeper en kook vir 35 minute. Roer nou en dan.