genoeg vir 4

  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 60 ml kerriepoeier
  • 500 g maer lams- of beesmaalvleis
  • 1 x 410 g-blik klappermelk
  • 1 x 410 g-blik tamatiepuree
  • 1 x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer
  • olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oor hoë hitte bietjie olyfolie in ’n groot pot. Voeg ui en knoffel by en roerbraai vir 1 minuut. Voeg kerriepoeier by en roerbraai vir nog 1 minuut of tot geurig. Voeg maalvleis by en roerbraai tot korrelagtige tekstuur, sowat 2 minute. Gooi res van bestanddele by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Laat stadig prut vir sowat  15-20 minute of tot romerige, geurige kerrie vorm terwyl jy af en toe roer. Sit voor met gestoomde rys en kruie van jou keuse.