GENOEG VIR 4 SOUS

• 30 ml korrelmosterd

• 60 ml olyfolie

• 45 ml witwyn-asyn

• hand vol koljanderblare, fyngekap

SLAAI

• 45 ml kanola-olie

• 1 ui, baie fyn gekap

• 2 knoffelhuisies, gekap

• 1 brandrissie, fyngekap

• 2 blikke kekerertjies, gedreineer (chickpeas)

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 2 wiele fetakaas

• 50g granaatpitte

• 30g slaaiblare van jou keuse

Meng al die bestanddele vir die sous met ’n draadklitser en hou eenkant. Maak nou die slaai: Verhit kanola-olie tot warm in groot braaipan. Voeg ui, knoffel en brandrissie by. Braai 5 minute of tot dit begin verbruin en verlaag hitte. Dreineer kekerertjies en spoel af onder koue water. Voeg by uiemengsel in pan op plaat en geur goed met sout en peper. Gooi slaaisous oor en meng deur tot ertjies en sous warm is. Verwyder pan van hitte. Gooi kekerertjiemengsel in slaaibak, krummel feta oor en sprinkel granaatpitte oor. Sit voor met slaaiblare.

Ontleding per porsie: kilojoules 1557; koolhidrate 26,5 g; proteïen 8,4 g; vet 26 g