Kerrie Vark Skenkels

Jy benodig die volgende

Vark skenkels (hang af van hoeveel mense )

2 tl hot Kerrie poeier

2tl mild Kerrie poeier

1 tl masala

1 tl turmeric

3 huisies vars garlic fyn gekap

1 el vars gemmer fyn gekap

1 suurlemoen se sap en zest

2 knippies terragan

1 appel

1 tl rosemary

1 tl tiemie

Sout en peper na smaak

2 el Shutney

2 el Tamatie sous

1 tl Mostert

1 tl Worchester sous

2 koppies soetwyn

3 blokkies chicken stock

1 pakkie sundried tamaties

Klein bietjie chives opgekap

1 red pepper

1 groot Ui opgekap

So maak mens:

Gooi die wyn en chicken stock in groot yster pot, laat warm word. Maak die skenkels skoon en brand haartjies af indien nodig. Kook in sous van pot. Voeg die lemon zest en sap van suurlemoen by die wyn en hoender aftreksel by. Intussen kap die gemmer, garlic, red pepper en ui op en gooi oor vleis.Voeg nou die spices by ( tiemie, rosemary, terragen, sout en peper. Terwyl als in die pot prut maak die sous solank aan. Kook ketel gooi 100ml kookwater in beker. Voeg die Kerrie, masala, turmeric, chutney, mostert, tamatiesous en worchestersous by. Meng goed en gooi oor die skenkels. Sny een appel en haal binneste gedeelte uit , sny in 4 dele en voeg ook by skenkels. Skil 4 aartapels en druk binne die sous in. Laat op stoof prut vir 1 uur en plaas oor na oond en bak ‘n verdere 1 ½ uur in oond op 180 grade.

Kan dit opdien saam rys en groente of stampmielies.

Die resep is spicy maar nie oorweldigend nie en kan aangepas word met hoeveelhede van die kerries en masala afhangende van die porsie groote wat verlang word.

Sien ander resepte